Loading

Die lewe vir my bestaan uit avonture.  Ek was nog altyd baie sportief en hou van die buitelug.  As kind het my pa vir my ‘n boomhuis gebou en vroeg oggend voor die son opkom, het hy my wakker gemaak en ek het dan in die boomhuis gaan slaap.  Almal het saam gespeel en gemaak of ek heelaand daar geslaap het.  Ek het warm koffie in ‘n blikbeker gekry en “baked beans” soos ‘n wafferse “cowboy” geeët.

Sien ek het in die 60’s en 70’s groot geword, sonder televisie en eenker ‘n maand het ons inry toe gegaan met ‘n padkos mandjie.  Gesonde lewenslustige kinders wat ook baie kattekwaad aangevang het. Ek het ‘n ryk verbeelding en sien alles as ‘n avontuur.

Comments

 

 

error: Content is protected !!